|
"Voor Volk en Vaderland heft hy zyn leven gegeven" "Ons dank God elkemaal as ons aan U dink" - Filip 1:3 "Hulle het gesterwe sodat ons Vryheidsideaal kon lewe" "Gesneuwel in Vryheids Oorlog" "Wie voor zijn volk het leven laat diene roem en glorie nooit vergaat" "O sieraad van Israel. Op uwe hoogten is hij verslagen. Hoe zijn de helden gevallen" Hierbo is maar 'n paar van die grafskrifte van gesneuweldes van die Anglo-Boere Oorlog. |
|
|
Hierdie webwerf is die resultaat van ons liefde vir geskiedenis asook ons kultuur. Daar is verskeie webwerwe wat beskik oor inligting van offisiere, maar nie die gewone burgers wat geveg het. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het. Ons het besluit om almal in te sluit by ons projek aangesien ons geslagsregister breek gedurende hierdie oorlog weens afsterwe van vaders, broers, seuns, moeders, susters en dogters. Ons het nie net bekendes in ons geslagsregister nie maar ook verskeie gewone burgers en bywoners wat geveg het vir dieselfde ideaal. Indien u enigsins kan bydrae tot hierdie webwerf (inligting oor burgers wat gesneuwel het, persone in konsentrasie kampe, foto's, ens), sal dit hoogs waardeer word en volle erkening verskaf word. Ons sluit ook skakels in waar u u geslagsregister kan navors. Hierdie skakels het ons gehelp met verskeie inligting in ons navorsing na die Steyn, Pretorius en Kruger register. |


